INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,4%, of $5,26/t (R77,38/t), tot $216,75/t (R3 189/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 71,8%, of
$90,60/t (R1333/t), hoër. Verwagte pryse: September – $215,19/t (R3 166/t), Desember – $214,32/t (R3 153/t), Maart – R217,47/t (R3 199/t), Mei – $219,36/t (R3 227/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,2%, of R39/t, tot R3 217/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,8%, of R27/t, tot R3 370/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 20%, of R537/t, duurder, terwyl geelmielies 22,9%, of R627/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 339/t, Maart – R3 357/t, Mei – R3 299/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 484/t, Maart – R3 470/t, Mei – R3 300/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,8%, of $4,70/t (R69,14/t),…