INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,9% tot $205,87/t (R3 041/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 41,2% hoër. Verwagte pryse: Des. – $206,84/t (R3 050/t), Mrt. – $209,99/t (R3 101/t), Mei – $211,80/t (R3 128/t), Jul. – $211,49/t (R3 124/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,8% tot R3 172/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,4% tot R3 322/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 9,1%, of R317/t, goedkoper, terwyl geelmielies 0,8%, of R28/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 230/t, Mei – R3 150/t, Julie – R3 142/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 362/t, Mei – R3 231/t, Julie – R3 210/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $3,43/t (R50,66/t), tot $257,67/t (R3 806/t), teenoor die vorige week gestyg. Op…
