INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,3%, of $5,23/t (R87,16/t), tot $236,84/t (R3 947/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 9,1%, of $19,75/t (R329,16/t), hoër. Verwagte pryse: Sept. – $239,75/t (R3 996/t), Desember – $239,75/t (R3 996/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,5%, of R153/t, tot R4 182/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,7%, of R115/t, tot R4 170/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 28,9%, of R937/t, duurder, terwyl geelmielies 23,2%, of R785/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R4 205/t, Desember – R4 266/t. Verwagte geelmieliepryse: September – R4 217/t, Des. – R4 280/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,4%, of $1,13/t (R18,83/t), tot $288,69/t (R4 811/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 9,5%, of $25,07/t (R417,82/t),…