Prei (leek)
Vir ‘n heerlike afwisseling, voeg preie in soppe en bredies (saam met die uie). Bedruip met olyfolie en oondbraai. Vir kapokaartappels met ‘n verskil: gooi die opgekapte wit gedeelte van die preie by die aartappels wanneer dit begin kook.
Knolseldery (celereac)
Kan rou of gaar geëet word. Besonder lekker saam met hoender, vis, olyfolie, bloukaas, lensies, appels, pietersielie, pere en witloof.
Savojekool (savoy cabbage)
Ondanks die voorkoms is die blare sag, selfs wanneer dit rou geëet word. Dit is ‘n soeter alternatief vir groen- of rooikool, wat dit ideaal maak vir wraps of as basis (English: bed) vir rys, vis of byna enige ander gereg.
Witwortel (parsnip)
Ware winterstapelkos. Witwortel is nie net lekker in soppe nie, maar ook heerlik as jy dit oondbraai. Vars kan dit net…
