Wanneer ek sing, voel dit nie soos werk nie Leah Wanneer het jy besef sang is in jou bloed?
Ek en my tweelingbroers, Daneel en Ignus, het kleintyd op die tafels geklim en vir die grootmense konsert gehou. Ná matriek het ek BCom (regte) aan die Universiteit Stellenbosch geswot en besef dit is nie vir my nie, maar ek moes iets hê om op terug te val. Toe ek vir my ma, Christa, sê ek is aanvaar by die Waterfront-teaterskool in Kaapstad, was sy nie verbaas nie. Wanneer ek sing, voel dit nie soos werk nie. Op die verhoog voel alles reg.
En toe word een van jou grootste drome waar, nè?
Ja, my eerste CD, Wonderwerk, is in 2015 uitgereik. Eintlik was daar baie klein wonderwerke in my lewe.…
