Vroue se magic lê in die son van ons glimlag en die vuur in ons oë; in die dans van ons voete en die grasie van ons styl. Dit skuil in die uitreik van ons arms en die behoefte aan ons sorg. Só sê digter Maya Angelou in haar gedig “Phenomenal Woman”. Dié maand vier SARIE vroue, van ons nuwe voorblad tot ons Laaste sê. Ontmoet hulle: akteurs, ma’s, atlete, avonturiers, aktiviste, dokters, susters, sjefs, entrepreneurs, skoonheidskoninginne, voorbladgesigte, fotograwe. Saam met duisende ander vroue inspireer hulle ons. Hulle is soos Maya Angelou sê, fenomenaal!…
