iets lewensbelangriks, iets waaroor jy praat en waaroor jy skryf, kan vergeet word (die lewe is ’n dolle ding!), ’n bevestiging daarvan of herinnering daaraan kan sowel ’n verligting as ’n ontsteltenis wees.
Ons is in Frankryk, ons verfilm die nuwe televisiereeks. Frankryk is beeldskoon, alles werk en hier is VOLOP elektrisiteit. Maar hier is geen hulp. Niemand help jou met iets nie, jy sleep self ’n tafel by die winkel uit, jy huur ’n waentjie en laai self jou potplante daarop. Ons doen inkopies, ry plaas toe, mop vloere, berei voor, doen grimering, trek aan, staan tien uur per dag op ons voete, klim lendelam in ons motors en ry terug stad toe.
Ek en Nicolaas (hy bestuur my loopbaan en – in Frankryk – die motor) ry oor…
