’N NUWE GENERASIE LESER
Ek sit op ’n Maandagmôre op die stoep en lees my nuwe SARIE. Oor naweke neem drie woelwaters, werk, kerk en sosiale opvangsessies my tyd in beslag.
Dis ’n prentjiemooi oggend en ek probeer nét daarop fokus, maar agter in my kop maal dit. My man, nog ’n jong, aantreklike 35-jarige wat plekplek begin grys word, sukkel met angs, hoofpyne en moontlik depressie. My geduld is op, my simpatie min en my mooi woorde het die pad gevat. Ek probeer die probleem analiseer en oplos met min sukses. Wat kan ek doen? Ek moet myself, die huis, my kinders, my werk, die kospotte en, helaas, my liewe man aan die gang hou.
Die lewe is soms genadeloos, veral vir jong mans. Soveel druk en soveel verwagtinge.…
