IETS UIT NIETS
WIE Bernard Swart
WAAR Centurion, Gauteng
BESIGHEID Afrithorn
SY WERK Bernard Swart, ’n geoktrooieerde rekenmeester, het eendag tydens ’n staptog in die Waterberg afgekom op ’n boomstomp wat ná ’n oorstroming uitgespoel het – en net daar het die inspirasie hom getref. “Ek het geweet dié stomp het die potensiaal om ’n pragtige meubelstuk te word – trouens, dit kon selfs ’n kunswerk wees!”
Hy het aan die werk gespring, en die kreatiewe proses só geniet dat hy besluit het om sy stokperdjie, houtwerk, in ’n besigheid te omskep. So is Afrithorn toe in 2018 gebore. Bernard maak ’n verskeidenheid dekorstukke, waaronder lampe, kandelabers, kanttafels en eetkamertafels. Met sy ontwerpe benut hy die natuurlike fatsoen en onvolmaakthede van die hout ten beste. Al sy meubels word behandel…
