bereidingstyd 1¼ uur
genoeg vir 4
vlak medium
BESTANDDELE
1kg ontbeende varklies, vel ingesny (sien wenke)1 e (15ml) seesoutvlokkies½ t (2,5 ml) Chinese vyf speseryeolyfolie in ’n spuitbottel1 komkommer, oor die lengte in linte gesny1 klein rooi ui, dungesny¼ mediumgroot Chinese kool, gesnipper1 k (250 ml) Thaise basilieblare1 k (250 ml) koljanderblare2 k (500 ml) babaspinasie2 lang rooi brandrissies, dungesny1 sprietui, dungesny1 lemmetjie, in wiggies gesny
GEMMERSLAAISOUS
1 sitroengrasstingel, fyngekap1 e (15ml) fyngerasperde gemmer1½ e (22,5 ml) sojasous1½ e (22,5 ml) lemmetjiesap1 e (15ml) sesamolie1 e (15ml) ryswynasyn1 e (15ml) strooisuiker
METODE
1 Voorverhit ’n 6,2-liter-/1,2 kg-lugbraaier vir 3 minute tot 180 °C.
2 Druk die varkvleis droog met kombuispapier. Meng die helfte van die soutvlokkies met die Chinese vyf speserye en vryf dit in die varkvel in.
3 Trek…
