GROOTBOS, Overberg
ân Monument vir plante
ân Kwarteeu al beskerm, bewaar en rehabiliteer die span van die Grootbos-private natuurreservaat die inheemse plantegroei van die Kaapse Blommeryk aan die Overbergse kus. Nou is ân wĂȘreldklas florilegium*, die eerste in Afrika, en die eerste botanie-kunsmuseum in die Suidelike Halfrond hier bekend gestel.
Die Grootbos-reservaat met sy meer as 900 fynbosspesies is een van die mees biodiverse biome ter wĂȘreld. âOns bly moontlik in een van die mooiste blommeryke op die planeet,â sĂȘ Michael Lutzeyer, medeeienaar van Grootbos. âOns wou dit graag met die wĂȘreld deel en mense opgewonde maak oor bewaring, en daarom het ons kunstenaars genader om die blomme te skilder.â
Altesame 44 van die beste botaniekunstenaars van reg oor die wĂȘreld â Brittanje, Suid-Korea, Japan, ItaliĂ«, Duitsland, BrasiliĂ«,Nederland, die VSAâŠ
