Varkribbetjies met pynappelsalsa
Braaivriende
Varkvleis en pynappel is altyd goeie pasmaats.
Jy benodig (genoeg vir 4)
• ½ koppie sojasous• ½ koppie pynappelsap• 2 eetlepels heuning• 2 knoffelhuisies, fyngedruk• 1 toontjie gemmer van 5cm, fyngekap • twee hande vol koljanderblare, fyngekap• 1 kg varkrib• 1 blik (400 g) pynappelstukke, gedreineer en in klein stukkies gesny• ½ rooiui, fyngekap Só maak jy 1 Meng die sojasous, pynappelsap, heuning, knoffel, gemmer en een hand vol koljander saam in ’n vlak bak. Sit die rib in die bak, vryf die marinade oraloor in die vleis en laat dit vir 1 uur staan om te marineer.
2 Draai die rib toe in ’n dubbellaag foelie en hou die marinade eenkant. Braai die toegedraaide rib vir 1 uur oor matige kole. Haal dan die rib uit die foeliepakkie en braai dit vir 10-12…
