Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand
Ons kan weer soos Leipoldt sê ons is in die mooiste maand. Maar ek wil my verstout deur te sê ons is nie net in die mooiste maand nie, maar die mooiste maande . Ek praat natuurlik van die sonnige kampmaande wat voorlê.
Ja, die winter het sy skoonheid en sy kampbekoring, maar die somer bly nou maar die heel lekkerste vir ’n kampnaweek en -vakansie. As jy nog nie jou wa en kampgoed afgestof en reggekry het en vir die eerste keer in die nuwe seisoen gaan kamp het nie, is dit nou die tyd…
