“Dit was ’n plek waar jy die adjunkhoof nie meer as Meneer du Toit aangespreek het nie. Nee, by die Voortrekkers was hy Kommandant du Toit.” D it vat meestal ’n enkele woord, klank, beeld, reuk of geur om ’n mens aan ’n spesifieke iemand, byeenkoms of voorval uit jou verlede te laat dink.
As my boetie Fabba byvoorbeeld die liedjie “Plaasdorp” van Beeskraal hoor, jeuk sy voete nié – soos met die meeste oud-Tuksstudente – vir langarmsokkie nie. Nee, as die manne van Beeskraal op die wysie van Tom Jones se “Green, Green Grass of Home” sing oor die garage, die bottelstoor, die sinkdakhuis en die poskantoor, kry Fabba ’n koue rilling langs sy ruggraat af.
Want dit was dié einste liedjie wat oor sy rooi Polo se Pioneer-radio…