“Hier is heelwat wild op die terrein, waaronder elande, sebras, rooihartbeeste en swartwildebeeste, en hulle kom wei sommer tot teen jou staanplek.” HAAK AF BY DE ARK
Die ooste van die Vrystaat is een van ons land se mooiste dele, maar ongelukkig is hier nie veel kampplekke nie. Nou het die De Ark-berglodge net buite Clarens, wat 25 jaar al besigheid doen, sy verblyfkeuses uitgebrei en woonwastaanplekke ingerig.
De Ark lê pens en pootjies op die Rooiberg met die Caledonrivier ’n kilometer weg en Lesotho met sy Maluti’s op die agtergrond. Miguel Lage, die eienaar, sê hulle het die grond destyds gekoop as wegkomplek vir die familie, maar dit het ontwikkel tot ’n lodge. “Dit was vir my opvallend om die oplewing die laaste paar jaar in die woonwabedryf te…
