Kampplek 6 staanplekke met koeltebome, gras en private badkamers. Elkeen het sy eie kombuisdeel, baksteenbraaier, kragpunt, kraan en vullisdrom. Wifi beskikbaar by die kantoor en swembadgebied.
Ablusiegeriewe Skoon, netjies en eksklusief vir jou eie gebruik.
Aankoms- en vertrektyd 14:00 en 11:00, afhangende van hoe besig hulle is (14:00 op die laatste).
Kontak 060 663 6053 bookings@aeroden.co.za aeroden.co.za
Naaste dorp Schoemansville en Brits, albei 15 km.
Hoe lyk die pad? Teer tot by die hek en goeie sandpad tot by jou staanplek.
GPS S25.725638 E27.739454
WAS ONS AL HIER? Ja, September 2017 (Ry & Sleep #2).
WAT’S DIE NUUTSTE? Hier is ’n nuwe staproete van 5 km.…
