Jinne, maar dis mooi hier! Ongeag mensedinge, lyk dit nog ongetem: Die Drakensberg laat haar nie maklik inbreek nie. Hier word wel met mielies geboer, sojabone en sorghum ook. Dié tyd van die jaar (herfs) lê die lande gebaal, elke bees het sy bosluisvoël, en die kosmosse waai as jy verbyry.
Tussen die stropers en trekkers sien jy naweekkarre op die paaie met goeie rede rondrits: Die R600-teerpad wat van Winter-ton af soos ’n ruggraat al in die Champagnevallei langs loop tot aan die voet van Cathkinpiek, met Monk’s Cowl en Champagne Castle net daaragter, is skaars 30km lank, maar hier’s soveel padpredikante dat jy byna oorweldig word deur al die opsies van bly-, eeten speelplekke.
En volg ’n mens sy P180-vertakking se kronkels, ry jy tot teen van die…