Ek is seker een van die min mense wat nie ’n skottelgoedwasser het nie, en daarom is ek mal oor etes wat net een pan benodig – soos roerbraai. Heelwat robuuste geure, bros groente, heerlike souse en, natuurlik, lekker wyn wat daarby pas!
Baie roerbraaigeregte vra vir ’n bietjie brandrissie; wees dus versigtig as jy ’n wyn kies. Kloovenburg Barrel Fermented Chardonnay 2014 (R82) is ’n goeie wyn om saam met ’n warm gereg te drink – die volronde bottergeure van die eikevat kan die hitte hanteer terwyl die vars, romerige suurlemoen-ondertoon ’n goeie pasmaat is vir roerbraaihoender of -seekos.
’n Rosé is altyd ’n interessante pasmaat, veral as jou dis vars somerkruiegeure het. Babylonstoren Mourvèdre Rosé 2015 (R89) het rooi bessienote met ’n tikkie fynbos en sal uitstekend werk…
