NUWE APP
Kaapse Wynland: ’n Toergids in jou broeksak
As jy deesdae in die Kaapse Wynlandstreek gaan toer, hoef jy nie eers by die toerismekantoor te draai om te hoor wat skud nie.
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het onlangs 13 toerisme-apps bekend gestel – een vir elk van die plaaslike toerismeverenigings in die streek: Stellenbosch, Franschhoek, Dwarsrivier, Paarl, Wellington, Worcester, Breedekloof, Wolseley, Tulbagh, Ceres, Robertson, McGregor en Montagu-Ashton.
Die apps gee nie net ’n kaart en inligting oor blyplekke en doendinge in die gebied nie, maar het ook ’n afdeling vir nuusbrokkies en ’n kalender met gebeure en feeste in die omgewing. Die GPS-funksie gee akkurate aanwysings na eet- en blyplekke.
Een van die voordele van die apps is dat toeriste nou ook kan hoor van kleiner besighede wat dalk nie…
