DOLFYNREDDING, OOS-KAAP
Op 7 Februarie vanjaar het my vrou, Marcia, op die strand langs die Woody Cape-deel van die Addo-olifant- nasionale park gedraf toe ’n bouspan van S&R Logistics wat daar naby werk, haar aandag trek.
Hulle het haar na ’n gestrande dolfyn op die sand beduie. Ek was nie ver weg nie en sy het my kom haal. By nadere ondersoek kon ons sien dat dit ’n gewone langbekdolfyn (Delphinus capensis) is. Sy het magteloos op die sand gespartel en haar neus was beseer en bebloed.
Marko Taljaard, die bouvoorman, en ander mense het nader gestaan met handdoeke om die dolfyn nat te hou (foto 1). Twee plaaslike inwoners, Verona Veltman en Lana Cummings, het die mariene bioloog Greg Hofmeyr (in Port Elizabeth) van die strand af gebel om…
