Jy kan nou die Kaapstad-fietstoer (voorheen die “Argus”) ry, maar saam met vriende, pleks van saam met duisende ander fietsryers, en teen jóú pas. Die Wes-Kaapse regering het ’n nuwe roete, Cycle Tour 364, bekend gestel wat ooreenstem met die roete van die jaarlikse Kaapstad-fietstoer.
Die hele roete is 123 km lank, begin by die V&A Waterfront en loop onder meer verby Seepunt, Kampsbaai, Houtbaai, Chapmanspiek en Simonstad, voor dit by die Kaappunt- nasionale park draai en verby die kusdorpies Scarborough en Kommetjie loop tot in Noordhoek van waar ’n mens weer op dieselfde pad terugry. En ja, nes die deelnemers aan die Kaapstadfietstoer, kan jy ook jou slag wys teen Suikerbossie-heuwel uit!
Die naam van die roete verwys na hoeveel dae per jaar dit oop is – op die…
