Stuarts’ Field Guide to National Parks & Game Reserves of East Africa
deur Chris en Mathilde Stuart, Struik Nature
R320 in boekwinkels Hierdie klein maar omvattende (248 bladsye) gids sluit 58 prominente nasionale parke en reservate van Tanzanië, Kenia, Uganda en Rwanda in.
Dit is ideaal as jy ’n lang selfryroete deur Oos-Afrika beplan, want dit gee jou ’n oorsig van elke reservaat, kaarte, ’n kort geskiedenis en inligting oor die geologie, klimaat en plantegroei. Voëlkykers kan byvoorbeeld maklik die reservate uitkies indien hulle op soek is na spesifieke endemiese voëls (jou “lifer”-lysie sal baie regmerkies kry in Oos-Afrika...).
Skaars spesies word uitgelig, en jy sal dus nie iets besonders misloop nie. Wil jy dalk ’n gerenuk, daardie vreemde wildsbok met die lang nek sien? Mik dan vir Mkomazi in…
