Dis jou gunsteling-reënbaadjie, en jy het hom gekoop om lánk te hou, maar nou het hy ’n winkelhaak... Ontspan, en bring hom na een van die Gone. Outdoor Supply Co-winkel se Duct Tape & Beer-aande. Die ouens by dié buitelewewinkel sal dit gratis regmaak terwyl jy ’n bier drink (ook gratis).
Gone, die alleenverspreider van Patagonia-klere in Suid-Afrika, wil verhinder dat mense klere sommer net weggooi en nuwes koop terwyl dit nog baie dra-myle het. “Patagonia wil sy deel doen om ons planeet red,” sê die stigter van dié handelsmerk, Yvon Chouinard.
“Maar as ons die planeet wil red, moet elke maatskappy in die wêreld dieselfde doen. En toe dink ek, wel, kom ons wees eerste om dit te doen.”
Hoe werk dit? Bring jou klere op een van dié…