Vir ons voorgeslagte was naamgewing ’n gewigtige en dikwels emosionele saak. Familiename was ’n moet! As oudste dogter is my ouma na haar ma se ma genoem: Magdalena. Maar so moes ook al haar ma se susters se oudste dogters Magdalena gedoop word.
Daar was dus gou-gou ’n klomp Magdalenas, maar binne die familie was dit nie ’n probleem nie: die eerste een is Ousus genoem, die volgende Magdalena, die derde Lena, en toe Lenie. Net toe hulle dink dis klaar, toe kom daar nog een, en sy word sommer Baby. Maar... dit was toe nié die einde nie, want daar het nóg ’n Magda én ’n Maggie (nie die Engelse Mêggie nie, maar ’n Afrikaanse Maggie) bygekom!
Toe my ouma Lenie trou, trek sy na ’n distrik waar daar…