Sowat een of twee keer elke jaar sit ek op ’n verhoog saam met ander tydskrifredakteurs van Media24 se Leefstylafdeling en ons gesels met ’n saal vol adverteerders en sakevennote oor toekomstendense in reis, skoonheid, mode, gesondheid en dekor. Die insig van my kollegas verstom my elke keer, want soos die Amerikaanse bofballegende Yogi Berra op ’n keer gesê het: “Dis moeilik om voorspellings te maak, veral oor die toekoms.”
Yogi was berug vir sy malapropismes; taalflaters wat mense laat lag. Hy het ook gesê: “As jy ’n vurk in die pad bereik, moet jy dit vat,” en “Dis déjà-vu van voor af!” Sy bekendste flater is mooier in Engels: “It ain’t over ’till it’s over.” Dis egter sy “die toekoms is nie meer wat dit was nie,” wat in…
