Die avontuur begin in die Punda Mariaruskamp in die Kruger en eindig by die Giriyondo-grenspos noord van Letaba. Ons reis oos uit die park, oor die Limpoporivier, oor savannes en woude na die tropiese kuslyn by Inhassoro, ’n klein visvanggemeenskap oorkant die noordelikste punt van die Bazaruto-eilandgroep.
Daar gaan ons op die strand lê, in die warm water speel en op daguitstappies na ander eilande gaan. Bazaruto het vele endemiese vlinders, krokodille, samangoape en wildsbokke. Die beskermde riwwe is die tuiste van dolfyne, die bedreigde doegong, wildvis, seeskilpaaie en van die grootste vis in die wêreld, die walvishaai.
Voëls sluit in die bosloerie, groenvleiloerie en die kleinflamink.
Bly Inhassoro slaap ons in en suite-chalets by die oord Star of Mozambique. By elkeen van die oornagplekke sorg die personeel vir tente.…