Die meeste van ons ken net mak papegaaie wat in ’n kou woon, soos die African grey (sy Afrikaanse naam is die gryspapegaai), en die helderkleurige macaw (arapapegaai). Hierdie voëls word al baie lank as troeteldiere geteel, maar die gryspapegaai kom steeds wild voor in Afrika-lande rondom die ewenaar, soos Kameroen, die Kongo, Gaboen, die Ivoorkus en Kenia. Wilde arapapegaaie woon weer in Sentraal- en Suid-Amerika.
Hier in Suid-Afrika is daar vier soorte wilde papegaaie: die bruinkop-, bosveld-, savanne- en woudpapegaai. Die woudpapegaai is die enigste soort wat slegs in ons land voorkom. Wanneer ’n voël, dier, vis of plant net in ’n klein gebied gevind word, sê ons dis “inheems” of “endemies”.
WAARVAN LEWE HULLE?
• Woudpapegaaie trek vroegoggend met ’n groot lawaai saam en vlieg dan om kos…