Hippos, a Mongoose and Me: Tales of Rescue and Survival in the Wilds of Africa
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels
Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, en sy deel meer oor haar en haar man, Jean-Roger, se lewe in die wildernis. Hulle word omring deur nie net seekoeie nie, maar ook bobbejane, vlakvarke, leeus, olifante en buffels.
As die stigter van die Turgwe Hippo Trust voer Paolillo die seekoeie in droogtetye, maak vrywilligers touwys en samel fondse in deur die wilde seekoeie in hulle natuurlike habitat af te neem. Hierdie versameling natuurstories klink soms salig en vol avontuur (wie wil…
