PARKTARIEWE
Namibië se (heelwat!) nasionale parke word almal deur die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme bestuur; dus geld dieselfde tariewe bykans oral. Tans betaal SAOG-lede R100 p.p., R50 per kind jonger as 16 jaar en R50 per voertuig (met tien sitplekke of minder) in die |Ai|Ais-, Etosha-, Namib-Naukluft-, Dorob-, Waterbergplato- en Skedelkus- nasionale park, Sperrgebiet en die Kaap Kruis-reservaat.
By die nasionale parke BwaBwata, Mudumu, die Khaudum, Nkasa Rupara, Mangetti, en die wildparke Popa-waterval, Daan Viljoen, Hardap, Naute en Von Bach is die parktarief R70 p.p., R30 per kind en R50 per voertuig. Onthou dus om ook vir dié bedrae per dag te begroot wanneer julle in ’n nasionale park oornag.
KRY ’N KAART!
NAMLEISURE
Met ’n NamLeisure-kaart kry Suid-Afrikaners 25% afslag op Namibia Wildlife Resorts se blyplekke (kamp…