*Ek, Danielle en Tjaart het dag in en dag uit aan hierdie resepte gebak, maar nie alleen om dit te laat fotografeer vir die tydskrif nie: ons het die 100 koekieresepte se resultate ná elke foto mooi verpak en gedeel met die Durbanville Kinderhuis in die Kaap. Die vreugde op sulke kindergesigte verminder elke ding wat ons ooit pla na net mooi nul. So as jy koekies bak, neem ’n paar vir kinders iewers wat minder het as jy.
Wat die koekieblik vir ’n mens beteken, verskil by elkeen van ons. Vir party is die vinnige indruk van die hand die oplossing as hulle net na iets lekkers soek, vir ander is dit die tussenganger tussen vanmiddag se lunch en vanaand se aandete. Vir my is die koekieblik ’n simbool van…
