Nie een van die tegnologiereuse het vanjaar ingrypende veranderings aan hul aksiekameras aangebring nie, en as jy die DJI Action 4 of die GoPro 12 gekoop het, is dit nie nodig om vanjaar al op te gradeer nie.
VOORKOMS EN BOU
Die GoPro 13 is effens groter as die Action 5 en weeg 158 gram, teenoor DJI se 146 gram. Dis egter nie ’n noemendswaardige verskil nie. Albei kameras kan onder die water sonder ’n waterdigte omhulsel gebruik word, maar die DJI Action 5 kan effens dieper duik (20 meter, teenoor GoPro 13 se 10 meter).
Albei kameras het ’n skerm voor en agter, maar die GoPro13 se voorste skerm is nie ’n raakskerm nie, terwyl die DJI Action 5 twee raakskerms het. Jy het hierdie funksionaliteit nodig wanneer jy…
