Wat doen die pa in jou huis wat wonderlik is?
ELMARIE KOEN, KAAPSTAD, WES-KAAP Quinton is die snaaksste een in die huis. Ek kan maar doen wat ek wil, maar as pappa net sê “boe!”, dan lag my meisiekinders, Emily en Kaylee, uit hul maag uit.
MICHELLE VAN DER MERWE, PRETORIA, GAUTENG Pieter is die beste nagmerrievanger, die heel beste groentevoerder en die beste “sonder-kantwieletjies-leerfietsry”-leermeester.
SUZÈL STRYDOM, PORT ELIZABETH, OOS-KAAP Dewald is die beste storieverteller. Elkeen word opgemaak, nie gelees nie. Alzé is altyd die prinses en pappa die held wat alles van slange tot monstervoëls en dinosourusse beveg. Vir baba Lisa is hy Mr Delivery, wat snags haar bottels bring.
JEANRI BADENHORST, HARTBEESPOORT, NOORDWES Pieter haal die beste dorings uit, maak die lekkerste ore skoon en volgens Mianca, ons…
