VIR BOUDJIES, VIR ALLES, VIR EWIG
Sudocrem is natuurlik ’n uitstekende boudjiesalf, maar dis ook ’n algemene staatmakerproduk vir alles en nog wat. Vir kleuters kan jy dit gebruik op enige stamp, skraap of ander eina. As jou kinders ekseem of aknee opdoen, is dit ook ’n nuttige behandeling, en selfs ligte brandwonde kan daarmee gestreel word. In strawwe winterweer sal Sudocrem bevogtig, streel en beskerm. En as dit by ouma en oupa kom, kan dit gebruik word vir bedsere en wintertone.
SO SAG SOOS ’N PYNAPPEL
Nee, regtig! Candy Androliakos, ’n skoonheidsterapeut van Bathurst in die Oos-Kaap, het ’n manier gevind om pynappelblare in ’n sagte katoenagtige stof te verweef. Haar reeks pynappelprodukte heet Leafline en sluit in doeke en borsdoekies, met ’n binnevoering van die pynappelstof. Die produkte…
