BAD, DOEK, VOED, SLAAP. EET, DOEK, SPEEL, SLAAP. BAD, DOEK, VOED, SLAAP. VOED, DOEK, SLAAP. HERHAAL. HERHAAL. HERHAAL.
Jou behoefte aan volwasse geselskap en die verveling daarvan om dag in en dag uit presies dieselfde dingetjies te doen, laat ’n mens moeg en sonder inspirasie voel. Die prentjie begin egter anders lyk as jy verstaan dat hierdie alledaagse aktiwiteite jou geleentheid is om jou kind nou al ’n ongelooflike hupstoot in die lewe te gee.
Talle studies wys dat sensoriese stimulasie en emosionele betrokkenheid die grondslag van breinontwikkeling is, wat weer die platform skep vir alle ontwikkeling, emosionele intelligensie en dus ook langtermyn-sukses, sê Meg Faure, arbeidsterapeut en skrywer van die Baby Sense-reeks en stigter van die Play Sense- app. Dit is daarom van die hoogste belang dat jy in…