MEER OOR ODWA
Odwa Ndungane se pa, Zingisa, het hom en sy tweelingbroer, Akona, van kleins af aan rugby blootgestel en hulle geleer dat enigiets moontlik is as jy hard werk. Beide Odwa en Akona het in die vroeë tot middel-2000’s professioneel rugby gespeel en ook vir die Springbokke uitgedraf. Dié twee Ndungane-broers is tans op SuperSport as rugbykommentators te sien, en bedryf ’n agentskap waardeur hulle rugbytalent in agtergeblewe skole identifiseer en ontwikkel. Odwa bly in Virginia, Durban, saam met sy vrou, Kgomotso, en hul twee kinders, Amahle (10) en Anathi (6).
JY WAS 14 TOE DIE 1995-SPRINGBOKSPAN HUL LEGENDARIESE WÊRELDBEKEROORWINNING GEHAD HET. WATTER INVLOED HET DIT OP JOU GEHAD?
My pa, Zingisa, wat in 2014 oorlede is, het jare lank vir die rugbyklub Wallabies in Mthatha in die…
