Saadgids vir Julie
Hoëveld en KwaZulu-Natalse Middellande
Tuinertjies, kool (saai binnenshuis)
Middelveld (Tshwane en ander minder koue gebiede)
Blaarslaai, witwortels, radyse, snybeet, tamaties (binnenshuis), rape
Oos-Kaap en Klein-Karoo
Beet, wortels, komkommer, blaarslaai, ertjies, rape
Wes-Kaap (en suidelike kus)
Beet, seldery, tuinertjies, radyse, tamaties, rape
Noord-Kaap en Groot-Karoo
Uie, ertjies, snybeet
Laeveld en KwaZulu-Natalse kus
Beet, bone, eiervrug, rissies, wortels, komkommer, mielies, spanspek, skorsies, pampoene, radyse, snybeet, tamaties
Kweek kool van saad
Die meeste van ons plaaslike saadmaatskappye sal die variëteit ‘Chou Moellier’ vir saai in die tuin hê. Hulle het plat blare met klein krullerige punte en is bekend vir hul gehardheid in ons omgewing, en is rypbestand. Die blare kan binne slegs drie weke van die onderkant van die stingels gepluk word. As jy iets anders wil hê, probeer…
