Jy het nodig
✓ 22 mm x 44 mm PAR-(alkant geskaafde) timmerhout soos volg gesny: 4 x 270 mm, 6 x 860 mm, 4 x 2100 mm.
✓ 1 x Gelamineerde fineerhout (shutterboard) gesny tot 600 mm x 600 mm vk.
✓ 3,5 mm x 30 mm-houtskroewe.
✓ 1 liter Woodoc 30 Poliwas Verseëlaar Buitenshuis Low Gloss Clear.
✓ Woodoc Colours Brights Red.
✓ 4 x staalstawe 10 mm deursnee, 2 m lank gesny met gegalvaniseerde pypsaals vir vashegting.
Gereedskap
potlood, maatband, liniaal, figuursaag, skuurder met 180-grint skuurskyf, booraandrywer, verfkwas, staalwol, lap en minerale terpentyn.
Stappe
1. Meet, merk en sny die hout volgens die snylys. Meet en merk vir die sirkel ʼn middellyn van 440 mm en merk dan die buitelyn by 600 mm. Sny die sirkel met die…
