TWEE DERDES VAN die wêreld se 13,1 miljoen miljoenêrs behoort aan die een of ander geloof, luidens ’n studie deur New World Wealth (NWW). Die studie toon dat Christene oor 55% ($107,28 mjd.) van die wêreld se welvaart beskik ($195,02 duisend miljard), gevolg deur Moslems (5,8%), Hindoes (3,3%) en Jode (1,1%).
Ander bevindings van die NWW is dat lande waar die Christelike geloof oorheers, onder die rykstes is. Sewe uit die tien rykste lande volgens getal individue met ’n hoë netto waarde (HNWI’s), of individue met netto bates van $1 miljoen (R11,6 m.) of meer, is Christenlande – Amerika, Brittanje, Duitsland, Switserland, Kanada, Frankryk en Australië. China, Japan en Indië is die ander drie.
Van die wêreld se 13,1 miljoen HNWI’s, identifiseer 56,2% hulle as Christene.
Hierna volg die groep…