Die aansoek-kontrolelys, wat dieselfde vir enkelaansoekers en gesamentlike aansoekers is, behoort al die basiese aspekte te dek, soos navorsing van die omgewing waar jy oorweeg om te koop, om seker te maak dat die eiendom in jou behoeftes voorsien, om seker te maak dat jy jou net verbind tot ’n terugbetaling wat jy kan bekostig om elke maand te betaal, om voorsiening te maak vir stygende rentekoerse, en ook vir die koste van huiseienaarskap, soos munisipale tariewe, eiendomsbelasting, heffings, water en elektrisiteit en onderhoud- en herstelkoste.
Ooba se raad vir enkelaansoekers wanneer hulle eiendom soek om te koop:
■ Bekostigbaarheid: Die meeste banke bied net ’n verbandlening waarvoor die paaiement tot 30% van die aansoeker se bruto inkomste is. Jou lewenstyl sal dikwels die ligging bepaal, maar as die woonbuurt…