Brian Molefe, voormalige hoof van Transnet en die Openbare Beleggingskorporasie, het op 17 April by Megawatt Park as waarnemende uitvoerende hoof oorgeneem.
Dié posisie het ’n ryk geskiedenis van intrige, rugstekery en politieke inmenging. Die nuutste episode, wat op 11 Maart uitgespeel het, was die skorsing vir drie maande van Tshediso Matona, die uitvoerende hoof, en drie uitvoerende bestuurders, terwyl die bedrywighede by die maatskappy onbelemmerd kon voortgaan. Kort daarna het Zola Tsotsi, wat vyf jaar lank tydens die chroniese kreeftegang van die maatskappy voorsitter was, ook bedank.
Molefe het ’n indrukwekkende agtergrond en ’n formidabele reputasie. Onder sy toesig, tussen 2003 en 2010, het die Openbare Beleggingskorporasie sy bates onder bestuur van R1 miljard tot R800 miljard verhoog. Molefe het in 2011 by Transnet aangesluit, en die maatskappy bestuur…