Mokgokong is nie net ’n direkteur van ’n aantal genoteerde maatskappye, waaronder AfroCentric Incestment Corporation, wat hoofsaaklik op die gesondheidsorgsektor konsentreer, die farmaseutiese groep Adcock Ingram en die kleinhandelreus Shoprite, nie, maar dien ook in die direksies van ’n aantal private maatskappye.
Een daarvan is die bemagtigingsmaatskappy Community Investment Holdings (CIH), wat sy in 1995 saam met Joe Madungandaba, uitvoerende hoof, gestig het en waarvan sy die uitvoerende voorsitter is.
Sy sê al is sy ’n swartbemagtigingspeler, het sy nog nooit gevoel sy het aanspraak op bemagtigingstransaksies wat vir haar as swart vrou op ’n skinkbord aangebied moet word nie. Sy het eerder sulke geleenthede gaan soek en het hard gewerk om hulle te benut.
“CIH is nou in ses sektore: gesondheidsorg, logistiek, energie, infrastruktuurontwikkeling, mynbou en IKT. Dit is…
