PAYI MEEN landbou bied geweldige potensiaal vanweë die groei van die wêreldbevolking en die vraag na verwerkte voedselprodukte deur Afrika se groeiende verbruikersmark, veral die groeiende middelklas.
“Dis op sowel die primêre vlak, waar mense gewasse soos mielies en aartappels plant, as op meer waardetoevoegende vervaardiging in landbouverwerking, wat dit moontlik maak om waarde toe te voeg en verskeie nuwe markte tuis en in die buiteland te verken.
“Hier kan mens dink aan die verwerking van mielies tot tortillaskyfies, groente tot verpakte voedselprodukte wat gereed en maklik is om te gebruik, en so meer – selfs om die nuwe mode van organiese voedsel te benut,” sê Payi.
Payi, wat in die komitee dien wat Mzwandile Masina, adjunkminister van handel en nywerheid, oor swart nyweraars adviseer, sê biobrandstof, wat uit oesgewasse…
