s uid-Afrikaanse kleinhandelaars verlangsaam hul veelbesproke uitbreidingsplanne in Afrika nadat die vasteland se groei verlede jaar tot die laagste punt ooit van 1,4% gedaal het, volgens ’n studie wat gedoen is deur professioneledienstefirma EY.
Tydens ’n bespreking van die tendense in verlede jaar se finansiële resultate van die land se 12 grootste kleinhandelaars – Massmart, Woolworths, Pick n Pay, Clicks, Spar, Shoprite, Dis-Chem, Holdsport, Mr Price, Truworths, Edcon en TFG – het Derek Engelbrecht, EY se hoofvennoot vir verbruikersprodukte en kleinhandel, gesê dat hoewel uitbreidingsplanne op die vasteland nog behou word, is tydlyne van hierdie strategieë uitgestel.
Ongeveer 65% van die totale kleinhandelverkope in Suid-Afrika, of R600 miljard, word toegeskryf aan die 12 grootste verbruikerskleinhandelaars, terwyl die res van die mark onafhanklike en informele operateurs insluit.
“Die groot maatskappye kyk…
