Pretoria Portland Cement (PPC) het uiteindelik deur sy plafon van 770 sent per aandeel gebreek, ’n belangrike weerstandsvlak wat van Februarie 2016 dateer, danksy nuus dat die maatskappy kapitaalterugbetalinguitstel van twee jaar vir sy onderneming in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gekry het.
Die kapitaalterugbetalings van die projekskuld van $180 miljoen sal nou in Januarie 2020 begin teen ’n rentekoers van 2,5 persentasiepunte hoër as in die oorspronklike ooreenkoms. Die DRKprojek, genaamd PPC Barnet DRC, waarin PPC ’n belang van 69% het, sal intussen rentebetalings bly doen.
Mish-al Emeran, ontleder by Electus Fund Managers, het aan Business Day gesê die ooreenkoms sal PPC ’n bietjie “speelruimte gee en die DRK-likiditeitsposisie verbeter, veral in die aanloopfase, wat weens kleiner markvraag en swak prysbepaling moeilik is”.
PPC, wat verlede jaar…