Steinhoff Africa Retail (Star) is Suid-Afrika se leidende niekruideniersware-kleinhandelaar, met ’n markaandeel van meer as 11%. Hy is in twee afdelings verdeel: afslagwaarde en spesialiteit.
Die afslag-waarde-kleinhandelafdeling dra 77% van Star se inkomste en 95% van die wins by. Dit sluit Pep Suid-Afrika, verreweg die grootste maatskappy,met 2 039 winkels in. Pep Suid-Afrika het verlede jaar 49% van die afdeling se inkomste bygedra. Nog belangrike spelers in die afdeling is Ackermans (25%), meubels (11%) en Pep Afrika (9%).
Spesialiskleinhandelaars dra 23% tot Star se inkomste en 5% tot die wins by. Selfdoen is die grootste afdeling volgens inkomste en dra 41% by. Dit bestaan uit 129 winkels van Timber City, The Tile House, Buco en Hardware Warehouse.
Klerasie, skoeisel en tuisware, wat uit 833 winkels van Shoe City, Dunns, Refinery,…