Ná vyf jaar van sterk groei het regstreekse eiendom verlede jaar wêreldwyd skouspelagtige resultate behaal, hoewel met groot verskille tussen lande (kyk na grafiek 1).
Ierland het ná die internasionale finansiële krisis sterk herstel en ’n opbrengs van 40% behaal, berig die navorsing-en-ontledingsmaatskappy MSCI. Nog sterk presteerders was Brittanje en Amerika, met opbrengs van 17,9% en 11,5%, en Suid-Afrika, wat ook ’n hoër opbrengs as die internasionale indeksgemiddelde van 9,9% behaal het.
Kerneiendom lok baie kapitaal, sê Jill Compton, visepresident van MSCI, en ná die krisis is daar na die veiligheid van kernmarkte soos Londen gevlug. Terwyl wisselvalligheid ’n probleem vir batetoewysers bly, begin waardetoevoeging-en opportunistiese markte meer na vore kom.
Vir beleggers word risiko deur landdiversifisering met strategiese toewysing verklein, wat beteken dat markgrootte en -volwassenheid, risiko en opbrengs…
