Die aandeelprys van Massmart, wat onlangs flou tussentydse resultate vir die 26 weke tot 28 Junie uitgereik het, het sedert begin vanjaar met byna 20% gedaal en swakker as mededingers soos Shoprite (4,3% laer), Pick n Pay (22,5% hoër) en Woolworths (29,1% hoër) gevaar. Massmart se aandeelprys is 45% laer as sy hoogtepunt van R205,04 in Mei 2013, en die aandeel verhandel nou op 2010-vlakke (lees ook bladsy 32).
Toe die internasionale reus in 2011 R17 miljard vir ’n belang van 51% in die plaaslike groep betaal het, het kenners van die “Walmart-uitwerking” gepraat. Guy Hayward, uitvoerende hoof, spot half dat die feit dat die Walmart-wonder vir baie mense nog nie duidelik is nie, waarskynlik die kritiek ten tyde van die transaksie sal stuit dat die NYSE-genoteerde reus Suid-Afrika met…