Wat die fondsbestuurder sê:
Mi-Plan IP Global Macro Fund se doelwit is om op medium-tot lang termyn kapitaalgroei te behaal deur in internasionale prima aandele te belê, soos Procter& Gamble, Visa, Amazon, Apple, Microsoft, Nike, Coca-Cola en Mastercard – wat hy almal al sedert sy aanvang hou.
Die fonds se primêre fokus wanneer hy aandele ondersoeken gevolglik aandele vir die portefeulje kies, is die mate waarin die verdienstegroei die potensiaal het om groter as die mark se oorkoepelende verdienstegroei te wees.
Die fonds volg die benadering dat alfa geskep word deur die mate te bepaal waarin die verdienstegroei van huidige konsensusskattings van die verdienste verskil en toenemend in elke maatskappy se aandeelprys verdiskonteer word.
Die bestuurder gebruik sewe sleutelinsette om dit te bepaal: bedryf, X-faktor, handelsmerk, produk, posisie, prys, mense,…
