Werkloosheid, nou op die hoogste vlak in 11 jaar, is een van die enkele grootste uitdagings – indien nie risiko’s nie – virdie sosio-ekonomiese bestendigheid van ons land. Die amptelike werkloosheidskoers vir die derde kwartaal van vanjaar staan op 29,1%, maar vir mense tussen 15 en 24 is die probleem kritiek. Vir dié groep staan die werkloosheidsvlak nou op 58,2%.
Ons het letterlik miljoene mense wat nie kan werk kry nie, nog erger vir jongmense sonder werkservaring. Die regering, spesifiek president Cyril Ramaphosa, is pynlik bewus van die behoefte aan meer werksgeleenthede – veral vir die jeug.
’n Formele proses waarmee die regering hoop om maatskappye te help om aan jongmense werksblootstelling te gee, is deur Setas, of sektorale onderwys-en opleidingsowerhede, wat leerderskappe met toelae steun. Dan is daarookdieYES-projek (Youth…
