die opknapping van die FNB Johannesburgse Kunsfees, wat nou ’n nuwe eienaar het, was vanjaar een van die hoogtepunte op die plaaslike kunstoneel. finweek het met verskillende deelnemers aan die kunsmarkgesels oordie afgelope jaar se baanbrekerkunstenaars en wie se kunswerke as unieken ontluikend geag word.
“In die praktyk, om as ’n ontluikende kunstenaar beskou te word in plekke soos Duitsland, moet jou loopbaan as kunstenaar oor ’n tydperk van minstens tien jaar strek,” sê Robin Sher, hoof van kommunikasie by die Goodman-galery.
In sommige gevalle, sal jy miskien vind dat kunstenaars se werk oor ’n paar jaar strek, maar eers nou hul grootste jaar as kunstenaars ervaar het, wat van hulle ontluikende kunstenaars maak,” sê Alastair Meredith, ’n kunsdeskundige by Strauss & Co.
Ingevolge marktendense, is talle galerye op soek…